23 Feb 2014

funfunfun

so alhoewel van ons se voetjies en arms bietjie seer van die hardloop en stoot, was die kaskardag eintlik heel genietlik! die waterkaskenades was 'n baie lekker manier om jouself bietjie aftekoel, jy weet seep :D
Events wat 'n week! Ek dink ons almal het teminste R5 gegee vir kanker en rerig besef dat dit oral rondom ons is!
Kwaggas julle was rerig amazing die week!

13 Feb 2014

COUNTRY FAIR

Okay, so eks doood seker daarvan meeste van julle sal met ons saamstem as ons se dat die valenteins bal 'n baie groot sukses was! Weldone events! Tussen die line dancing, sokkie en fotos neem het ons almal ons gate uit geniet! en daar is definitief baie talent as dit by line dancing kom ouens;)
stay tuned vir die fotos!
onthou more om daai spesiale meisie te bederf en om jou civvies aantetrek en jou R5'tjie te betaal< meisies hou tog by die reels. Net nou sien Jannie jou enkels en dan kry hy die verkeerde idee!
More is dit weer Luister tyd:D kyk maar pouses rond vir die pink bladsye.
en ouens glo ons as ons dit se, pienk is nie Altyd gay nie! (net onder sekere omstandighede)

6 Feb 2014

verskeie sake:

eerstens besoek gerus die foto afdeling en kyk na die nuwe fotos onder eerste kwartaal.
dan hoop ek julle is so opgewonde soos ons vir die valenteins bal, en asseblief seuntjies kry jou gat in rat en vra daai meisie! nie jy of sy wil alleen gaan nie:)
Ek hoor bitter baie skinder stories oor die versierings en so klink vir ons bitterlik opwindend en mooi!
sien julle daar! :D en onthou 11feb(dis nou dinsdag) is gekleurde sokkie dag! dra enige kleur sokkie net omdat jy kan!

4 Feb 2014

kleurlike atletiek.

Soos gewoonlik het die dag opwindend begin met die optogte van die verskeie kleur groepe, 'n val hier en daar het almal regop gekry en Mnr.Hattingh in 'n leeu masker het definitief  aan die Kwaggas bewys dat  die onderwysers se harte in Outeniqua is!
Dit was 'n lang en bitterlike warm dag, en die heuwels wat so fantasties vol skaduwee was, het soms beter af gegan as die warm paweljoen en stemme wegskree. Gelukkig was daar 'n hele paar groenes wat bereid was om heeldag lank te skree.
Die aflos het verskeie stemme en spiere gekos, maar een ding is verseker Matrieks2014 hou nie terug nie!!!
Alhoewel van ons dit nie wil se nie is ons goeie mense en dus se ons maar, Geluk Groenes welgedaan!
Hoe voel julle, het hulle dit verdien?
Daar sal later die week fotos wees op die blog wees en dan moet julle gerus more rond kyk vir die posters van die dinge wat die Gees beplan!

2 Feb 2014

Kaskardag?

So die goeie nuus is ons SAL 'n Valenteins Bal he, en die "ek weet nie hoe ons daaroor voel nie" nuus is die feit dat ons hol en jol in n Kaskar resies verander is. Wat dink julle hiervan?
En hoe voel julle daaroor dat ons nie meer themas ens. moet he nie?

31 Jan 2014

Lekker 'n Kwaggas

KWAGGAS
Welkom by die official blog van OHS, hierdie blog is nie vir die onnies nie en ook glad nie vir die ouers nie, hierdie blog is vir julle, die Kwaggas.
As die blog vir jou vervelig is gan kla by die Gees portefeulje
As iets jou offend gaan kla by enige lit van die LSB, hulle sal jou hartlike sake in ag neem.
As jy voel die blog meng in met jou privaatheid gaan kla by dissipline en veiligheid en vra hulle hoe om lewe "veiliger" te hou.
Onthou Kwaggas, as jy vir moeilikheid soek gaan jy moeilikheid kry, moenie worry nie ons ken ons limits.
Dan liewe Kwaggas welkom in 2014, Matrieks gaan groot, Gr.1+1 's leer hard, Gr.10's onthou julle is eers seniors na interskole? Gr.9's kuier is rerig nie 'n opsie nie, onthou julle moet nou eintlik meer as 50% kry vir Afrikaans 40% is nie meer 'n opsie nie. Larwes Augustus is nog baaaaaie ver.

Asseblief Kwaggas lewer komentaar, like, dislike, en kla as jy rerig moet.
Oh ja laat weet asseblief hoe julle oor die Fluister voel
Geniet die naweek en gaan groot.

P.S. moenie vergeet om jou huiswerk te doen nie, Admin periodes is baie korter en minder.