4 Feb 2014

kleurlike atletiek.

Soos gewoonlik het die dag opwindend begin met die optogte van die verskeie kleur groepe, 'n val hier en daar het almal regop gekry en Mnr.Hattingh in 'n leeu masker het definitief  aan die Kwaggas bewys dat  die onderwysers se harte in Outeniqua is!
Dit was 'n lang en bitterlike warm dag, en die heuwels wat so fantasties vol skaduwee was, het soms beter af gegan as die warm paweljoen en stemme wegskree. Gelukkig was daar 'n hele paar groenes wat bereid was om heeldag lank te skree.
Die aflos het verskeie stemme en spiere gekos, maar een ding is verseker Matrieks2014 hou nie terug nie!!!
Alhoewel van ons dit nie wil se nie is ons goeie mense en dus se ons maar, Geluk Groenes welgedaan!
Hoe voel julle, het hulle dit verdien?
Daar sal later die week fotos wees op die blog wees en dan moet julle gerus more rond kyk vir die posters van die dinge wat die Gees beplan!

No comments:

Post a Comment