10 Apr 2013

Kwartaal Een In Kwaggaland

 deur Danielle Ackermann



In 'n oogwink is die eerste kwartaal, warm weer en ons belgiese vriende weg, en was dit tyd om die hope leerwerk wat soos 'n berg voor ons gestaan het aan te vat.

Vir elkeen van ons was die afgelope eerste weke van 2013 vol opwinding, nuwe ervarings, geleenthede en onvergeetlike oomblikke, 'n paar wat besonders meer uitstaan as die res.

Die graad 8's is minder benoud in die gange, en het gemaklik in geval in hulle eerste geesweek, valentynsdag en atletiekdag, met die seniors wat met groot trots en goeie houdings gewys het hoe dit gedoen word.
Met talle oefeninge agter die rug, en nog meer wat voorle is die 2013 musical "anything goes" op pad.

Een van die defnitiewe hoogepunte is ons eie eerste rugby span wat Grey gewen het 22-20.

Laastens, wat nie gemis kan word nie, is die media portefuljie se splinternuwe blog!

Voordat ons dit besef vlieg die dae, weke en maande verby. Maar met behulp van die media portefulje se nuwe video projek, aansteekborde en artikels is dit nou moontlik om terug te kyk op die vergete oomblikke.





No comments:

Post a Comment